Rugby, ras en ’n kis bier

Gesprekke en menings
75 Minute
19 Oktober
14:00
Gratis

Teen die middel jare tagtig het ’n groep Stellenbosse studente die norm verbreek deur met bruin en swart spelers saam te span om ’n rugbyklub te stig wat genoem is na die bekende kroeg Die Akker, wat hulle “geborg” het met ’n kis bier ná elke wedstryd. Die storie word uitgebeeld in ’n dokumentêre film en voorafgegaan deur ’n gesprek met van die spelers, onder wie bekende persoonlikhede soos Emile Joubert, Piet Croukamp, Louis de Villiers, John Donaldson, Con Joubert en Francois Botha.