Vir Jak de Priester was dit nog altyd belangrik om mense se harte met sy musiek en woordkuns te raak en dít kry hy uitstekend reg. Jak se pad deur die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het ’n onuitwisbare nalatenskap gelewer. Kom kuier vanaf 13-17 Oktober by die RSG/ATKV-vierkant vir inspirasie uit Jak se musiek, lirieke en menswees. Kom luister ook hoe Jak met gaste oor alles en nog wat gesels.