“Die koning van instrumente”. “Box of whistles”, soos my klavierdosent fronsend daarna verwys het. “Die Magtige Dreuning”. Die onderwerp van amper net soveel grappe as oor altviole. Klawerbord- of blaasinstrument? Meganiese, pneumatiese, elektriese of digitale instrument? Praat, sing of skree ’n orrelpyp? Watter pyp maak watter klank? En hoe speel die ding nou eintlik? Zorada gesels en wys hoe.