Die Luitingh Alexander Musical Theatre Academy beloof om gehore te betower met hulle nuutste dansproduksie, Hollywood, wat kykers deur die glansryke en komplekse wêreld van Hollywood neem met werke van die land se voorste choreograwe wat elk hulle unieke flair na die produksie bring. Gaan op reis deur Hollywood se mees geliefde genres – van die Goue Era van rolprente tot film noir en kontemporêre romantiese komedies. Die produksie verken ook die prys van roem, Tinseltown-politiek en die opofferings wat mense moet maak om ’n plek in die filmgeskiedenis in te neem.