Lize se loopbaan as sanger-liedjieskrywer het die afgelope 27 jaar ’n skatkis van Afrikaanse musiek en lirieke opgelewer wat die mooiste stories vertel. In haar vertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees deel sy splinternuwe liedjies en ’n klomp ou gunstelinge. Verwag ’n intieme en sielvolle aand met woorde wat saak maak en rustige musiek wat ’n mens dieper laat asemhaal.