“What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet,” skryf William Shakespeare. Is Marion Holm dus steeds Marion Holm, al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou, al noem mense haar meneer? Wat maak Marion Marion? Wat maak jou jy? Kom kry die antwoorde in Marion Monroe waarin Holm weer stories vertel met haar tipiese Holm-eerlikheid en -heerlikheid om haar punt oor te dra. Maar wees gewaarsku: Dit is nié ’n tragedie nie, net ’n komedie.