Menopouse: Gedeelde ervaring, ligter reis

Leefstyl
60 Minute
14 Oktober
15:30
R160 | R190 by die deur

Menopouse is ’n natuurlike lewensfase. Kom gesels saam met ’n mediese dokter en lewensafrigter oor wat in jou lyf en kop gebeur met hierdie oorgang. Leer meer oor hormonale veranderinge, leefstylaanpassings en hoe jy jou welstand kan verbeter. Die pad deur menopouse raak ligter as vroue mekaar ondersteun.

Met dr. Renscha van den Berg, Amelia van Zyl