Miracle Tree | Isihlahla Sezimanga is ’n viering van Suid-Afrika se digkuns en tale. Die program, met oorspronklike werke deur die bekroonde komponis Franco Prinsloo en uitgevoer deur Voices+ onder leiding van Sizwe Modlane, put inspirasie uit Bongekile Mbanjwa se gedig “Isihlahla Sezimanga”. Die musiek herinner ons aan die waarde van ons inheemse tale: Hul storie en betekenis groei soos blare aan takke en bring hoop, liefde en vreugde. ’n Viering van digkuns en ons gemeenskaplike taalerfenis.