W.A. Mozart se liefde vir die klavier kom die sterkste tot uiting in sy 27 klavierkonserte – werke wat ook van sy bekendste melodieë bevat. Die Stellenbosse pianis Pieter Grobler en ’n strykkwartet van die US Konservatorium speel twee van Mozart se klavierkonserte in die komponis se eie kamermusiekweergawes daarvan, naamlik no. 11 in A-majeur (KV 414) en no. 13 in E-mol-majeur (KV 449). Die konsert open met Mozart se opgewekte Divertimento in D majeur KV 136 vir strykkwartet.