Praating LIVE

Peach van Pletzenbring sy webreeks Praating na die Toyota Stellenbosch Woordfees. Sandra Prinsloo is sy gas vir Praating Live, waar wysheid, waarheid en WTF in ewe groot dosisse toegedien word. Die mengels gaan loop en jy kan jou regmaak vir stories, lewenslesse en humor in tipiese Praating-styl. Leer vir Prinsloo op ’n heel ander manier […]