Praating LIVE

Diskoers
Afrikaans, English
OB | PG
90 Minute
5 Oktober
20:00
R160 | R190 by die deur

Peach van Pletzenbring sy webreeks Praating na die Toyota Stellenbosch Woordfees. Sandra Prinsloo is sy gas vir Praating Live, waar wysheid, waarheid en WTF in ewe groot dosisse toegedien word. Die mengels gaan loop en jy kan jou regmaak vir stories, lewenslesse en humor in tipiese Praating-styl. Leer vir Prinsloo op ’n heel ander manier ken wanneer Van Pletzen begin delf in die dieper dinge, en Prinsloo met elke tongval wys waarom sy al vir soveel dekades die land se liefling bly.