Sing jou lied

Klassieke musiek
50 Minute
18 Oktober
19:30
R190-R250 | R220-R280 by die deur

Twee koorwerke, albei eerste uitvoerings, word as bydrae tot “Afrikaans 100“ aangebied. De Profundis is ’n veeltalige gewyde werk waarin Afrikaans in ’n dialoog tree met vier ander tale, naamlik Latyn, Duits, Xhosa en Engels. Die siklus Twaalf Afrikaanse koorliedere is ’n toonsetting van gedigte uit die bundel Soos die windjie wat suis (1949) deur Henry Allan Fagan. Albei werke is in ’n eietydse dog luisteraarsvriendelike styl geskryf en daag geykte opvattings oor Afrikaanse koormusiek uit.

Met Aurum Cantores onder leiding van Ben van Niekerk

Komponis Winfried Lüdemann