Spesiaal vir Onderwysers: WOW-dag vir onderwysers

WOW
360 Minute
18 Oktober
10:00
Gratis op uitnodiging

Sowat 200 onderwysers en finalejaar-onderwysstudente volg ’n dagprogram wat bestaan uit waardevolle wenke
vir taalstrukture en -konvensies aan die hand van die KABV en aangebied onder die leiding van WKOD-kundiges.
Gesprekke oor welstand word aangeraak en NB-Uitgewers en Pan Macmillan deel inligting oor die nuutste boeke. Ná dié geleentheid sorg ’n genooide kunstenaar vir vermaak voor ’n ligte ete.