Woordfees-atelier by Blaauwklippen

Visuele kuns

’n Oorsigtentoonstelling van deelnemers aan vanjaar se Ateljeebesoeke-program. ’n Werk van elke kunstenaar in die program word ten toon gestel. Hierdie tentoonstelling is ’n nuttige vertrekpunt om jou ateljeebesoeke te beplan. Werke van ander kunstenaars sal ook te sien wees: Lukas Stander, Strijdom van der Merwe, Hougaard Winterbach, Sharlé Matthews en Rose Namubiro Kirumura.

Opening 12 OKT 18:00
90 min | Gratis

Daagliks oop van 09:00-17:00
Aangebied deur IS Art, Blaauwklippen-wynlandgoed