Sihle Khumalo: Milk the Beloved Country

BOEKGESPREK ‘Kom ons erken SEB het nie gewerk nie’ deur Desmond ThompsonEasyEquities Skrywersfees: Sihle Khumalo: Milk the Beloved CountryFoto’s: Verskaf “Hy draai nie doekies om nie,” het die oudregter Johann Kriegler gesê toe hy sy gespreksgenoot aan die woord stel, en Sihle Khumalo het nie teleurgestel nie. Dié joernalis en skrywer was Maandagmiddag by die […]

Skoonveld

RESENSIE Liefde genees die pyn van liefde deur Susan BooyensProduksie: SkoonveldFoto’s: Pierre Rommelaere en ander Dit kan nie waar wees nie. Hierdie manjifieke konsert sal nooit weer te sien wees nie?  My mond het letterlik oopgeval toe Frieda van den Heever ná die tyd sê Sondagaand se konsert op die Woordfees was die laaste aanbieding […]

Speak me a speech

RESENSIE ’n Voorskou vir connoisseurs deur Nadine PetrickProduksie: Speak me a speech Foto’s: Poster Die regisseur Victor van Aswegen en Chris Turman van Wits se Tsikinya-Chaka-sentrum het die wonderlike visie om ’n film te maak oor inheemse vertalings én interpretasies van Shakespeare. 35 monoloë, 28 karakters, 10 tale. Plaaslike vertalings is daar natuurlik al etlike van […]

Stiltetyd

RESENSIE Stiltetyd skreeu om hulp deur Willem BesterProduksie: StiltetydFoto’s: Verskaf In Stiltetyd – met teks deur Marita van der Vyver, verwerk uit haar gelyknamige roman – vertolk Eloise Clasen die rol van Hester Human, wie se “Jaar in Provence” oorskadu word deur die dood van haar dogter, kort voor die gesin se vertrek Frankryk toe. […]

Tom Pyn

RESENSIE Ons survive met ’n helse lot pyn deur Nadine PetrickProduksie: Tom Pyn (gebaseer op niks nie)Foto’s: Nardus Engelbrecht “Moenie huis toe gaan en sê jy het na iemand gaan kyk wat probeer slim wees nie. Hierdie is nie ’n Slim Jan nie. Hy is Tom en hy is iemand wat probeer. Arme Tom probeer.” […]

Trou koek/tert

RESENSIE Die lewe laat hom nie voorsê deur ’n sprokie nie deur Jo-Ann FlorisProduksie: Trou Koek/TertFoto’s: Verskaf O, die liefde. Die belofte van ewige trou. Die perfeksie. Van die trourok, die koek, die gevolg, die colour-coded Flip File. En o ja, die perfekte man. Koek het die trou-jackpot geslaan. Uit die voue van haar Flip […]