Die bekroonde ‘Hedda Gabler’ kom in Afrikaans, Engels na die Baxter-teater

Gewere, rose, vars grond en vere. Dis om net ’n handvol rekwisiete te lys op die stel van Christiaan Olwagen se produksie van Hedda Gabler wat binnekort by die Baxter-teater in Kaapstad op die planke gebring word. Dié bekroonde herwerking verplaas Henrik Ibsen se femme fatale na die 21ste eeu met ’n kenmerkend vurige titelkarakter, […]