Werksgeleenthede

Tydelike Klientediens en Veldwerkers

Plek: Stellenbosch, Suid-Afrika

Termyn: 3-11 Oktober 2026

Oor die rol

Kliëntedienspersoneel is die openbare gesig van die Toyota Stellenbosch Woordfees en speel ’n sleutelrol om te verseker dat elke feesganger ’n positiewe, doeltreffende en gasvrye ervaring beleef.

  • Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (bykomende tale is ’n voordeel).

  • Vriendelike, professionele en toeganklike houding te alle tye.

  • Sterk interpersoonlike en mensevaardighede.

  • Vermoë om akkurate inligting te verskaf rakende venues, vertonings, kaartjies, skedules, parkering, pendeldienste en feesfasiliteite.

  • Uitstekende probleemoplossings- en konflikhanteringsvaardighede.

  • Vermoë om kalm en hoflik te bly onder druk en gedurende besige feesperiodes.

  • Goeie organisatoriese vaardighede en aandag aan detail.

  • Basiese rekenaargeletterdheid en selfvertroue in die gebruik van digitale stelsels.

  • Vermoë om onafhanklik sowel as deel van ’n span te werk.

  • Stiptelik, betroubaar en bereid om buigsame ure te werk, asook vir die volle duur van die fees beskikbaar te wees.

  • Professionele voorkoms is ‘n groot vereiste. 

  • Help besoekers met kaartjienavrae, pendeldiens en besprekings
  • Verwelkom besoekers en wys hulle die pad na venues en feesfasiliteite.
  • Verskaf inligting oor vertonings, lokale, parkering, pendeldienste en feeslogistiek.
  • Hanteer kliënteklagtes en navrae met empatie en doeltreffendheid.
  • Skakel met voorportaalspanne (front-of-house) en feesbestuur wanneer nodig.
  • Verseker ’n positiewe en inklusiewe ervaring vir alle feesbywoners.
  • Handhaaf vertroulikheid wanneer kliënte-inligting hanteer word.
  • Verteenwoordig die Toyota Stellenbosch Woordfees-handelsmerk met professionaliteit, entoesiasme en respek.
  • Vorige ervaring in kliëntediens, gasvryheid, FOH of voorportaalbedrywighede (front-of-house).
  • Vertroudheid met die Stellenbosch-omgewing en Woordfeesbedrywighede is voordelig.

Om aansoek te doen voltooi die vorm: https://airtable.com/appLaNVrfZJTEfUgF/pagrh9UiHuBOfbTk8/form 

Die sperdatum vir aansoeke is 31 Augustus 2026. 

Tydelike Voorportaalpersoneel

Plek: Stellenbosch, Suid-Afrika

Termyn: 3-11 Oktober 2026

Oor die rol

Kliëntedienspersoneel is die openbare gesig van die Toyota Stellenbosch Woordfees en speel ’n sleutelrol om te verseker dat elke feesganger ’n positiewe, doeltreffende en gasvrye ervaring beleef.

  • Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels (bykomende tale is ’n
    voordeel).

  •  Vriendelike, professionele en toeganklike houding te alle tye.

  • Sterk interpersoonlike en mensevaardighede.

  • Vermoë om akkurate inligting te verskaf rakende venues, vertonings, kaartjies, skedules, parkering, pendeldienste en feesfasiliteite.

  • Uitstekende probleemoplossings- en konflikhanteringsvaardighede.

  • Vermoë om kalm en hoflik te bly onder druk en gedurende besige feesperiodes.

  • Goeie organisatoriese vaardighede en aandag aan detail.

  • Basiese rekenaargeletterdheid en selfvertroue in die gebruik van digitale stelsels.

  • Vermoë om onafhanklik sowel as deel van ’n span te werk.

  • Stiptelik, betroubaar en bereid om buigsame ure te werk, asook vir die volle duur van die fees beskikbaar te wees.

  • Professionele voorkoms is ‘n groot vereiste. 

  • Help besoekers met kaartjienavrae, pendeldiens en besprekings
    • Verwelkom besoekers en wys hulle die pad na venues en feesfasiliteite.
    • Verskaf inligting oor vertonings, lokale, parkering, pendeldienste en feeslogistiek.
    • Hanteer kliënteklagtes en navrae met empatie en doeltreffendheid.
    • Skakel met voorportaalspanne (front-of-house) en feesbestuur wanneer nodig.
    • Verseker ’n positiewe en inklusiewe ervaring vir alle feesbywoners.
    • Handhaaf vertroulikheid wanneer kliënte-inligting hanteer word.
    • Verteenwoordig die Toyota Stellenbosch Woordfees-handelsmerk met professionaliteit,
    entoesiasme en respek.
  • Vorige ervaring in kliëntediens, gasvryheid, FOH of voorportaalbedrywighede (front-of-house).
  • Vertroudheid met die Stellenbosch-omgewing en Woordfeesbedrywighede is voordelig.

Om aansoek te doen voltooi die vorm: https://airtable.com/appLaNVrfZJTEfUgF/pagFyiAl01KdWu4Yh/form

Die sperdatum vir aansoeke is 31 Augustus 2026. 

Navrae

Vir enige navrae, stuur e-pos aan: navrae@woordfees.co.za