RSG/ATKV-vierkant

Die RSG/ATKV-vierkant is ’n hoogtepunt by die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is ’n gesellige kuierplek by die Universiteit Stellenbosch-museum waar stories, musiek en mense saamkom. Van 3 Oktober tot 10 Oktober is daar daagliks storietyd vir jong lesers met Lalla Lees, terwyl geliefde en bekende kunstenaars soos Jak de Priester, Anna Davel, Joshua na die Reën en vele meer daagliks optree.. RSG saai regstreeks vanaf die vierkant uit met gewilde programme soos Op en Wakker, Spektrum, Kommentaar, Driesestig, Naweekaktueel en RSG-Landbou.

Kom luister, kuier en ontmoet bekende RSG-stemme soos Martelize Brink, Christelle Webb-Joubert, Carla Mackenzie, Gustav Greyling, Renske Jacobs en Suzanne Paxton.

Program: RSG/ATKV-vierkant