Visuele kuns

Kunsveiling aanlyn 25 Sept tot 10 Okt 11:00
Veiling 10 Okt 11:00 Stellenbosch Stadsaal

Woordfeesveiling

Die vyfde jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees aanlyn-kunsveiling word weer aangebied in samewerking met Strauss & Co, wie se spesialiste kunswerke deur opkomende en gevestigde kunstenaars gekies het. Die veiling plaas artistieke uitnemendheid op die voorgrond, terwyl dit sigbaarheid en erkenning van kontemporêre praktyke beklemtoon. Die doel is om nuwe en ervare versamelaars aan te moedig om in kuns te belê, die mark uit te brei en toegang te verbeter tot vooraanstaande plaaslike kunstenaars se werk

Hoe werk die veiling?

Kom beleef die adrenalien, die hamer se val en die opwinding daarvan om ’n kunsveiling in lewende lywe by te woon. Wie weet? Dalk slaan die bod op jou toe?!
10 Oktober | 11:00 | Stadsaal  

Aankope kan ook aanlyn op Strauss & Co se webwerf of via hul mobiele toepassing gemaak word. Vermy die moontlikheid dat iemand jou gaan uitstof deur ten minste ’n uur voor die sluitingstyd jou item te monitor en die geleentheid gebruik om weer te bie. Jy kan die items waarop jy gebie het, monitor deur die “Auction Favourites” knoppie onder “My Account” te klik.

As daar binne vyf minute voor ’n item se geskeduleerde sluitingstyd bodaktiwiteit is, sal daar ’n vyf minuut verlengingstydperk by daardie item gevoeg word totdat slegs een bieër oorbly. Hierdie verlengings sal onbepaald voortduur totdat daar geen bodaktiwiteit vir ‘n tydperk van vyf minute is nie, wat impliseer dat daar geen verdere belangstelling is nie.

Alle voornemende bieërs moet aanlyn registreer al het jy vantevore aan ’n Strauss & Co-veiling deelgeneem. 

Vir meer inligting besoek straussart.co.za

Lees meer

Onder R10 000

Onder R30 000

Bo R30 000

Ondersteun deur

Rondleidings

Kom loer saam met Elmarie van Straten, Strauss & Co se senior kunsspesialis na ’n voorskou van die Toyota Stellenbosch Woordfees se kunsveiling. ’n Uiteenlopende versameling kunswerke deur opkomende én gevestigde kunstenaars sal te sien en te koop wees.

6 & 8 OKT 14:00 | 
60 min | Stadsaal
Gratis

Daniel Naudé

Feeskunstenaar

Daniel Naudé het kuns aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, en sedertdien het sy werk as fotograaf hom reg oor die wêreld geneem. Hy word gedryf deur sy ondersoekende gees, maar is veral bekend vir die oomblikke van stilte wat hy op sy ontdekkingstogte vasvang.

As feeskunstenaar bied hy aan feesbesoekers ’n eerste kykie na Still Life, ’n mikroskopiese diorama-projek waaraan hy sedert 2018 werk. Geïnspireer deur sy besoeke aan museums as kind, word insekte uit die versameling van die US se departement bewaringsekologie en entomologie sorgvuldig op handgemaakte stelle geposisioneer en afgeneem. Elke stel is gebou uit kwarts, kristalle of koraal wat deur die kunstenaar self versamel is. ’n Olieverf-agtergrond rond die toneel af. Dit word in verstommende besonderhede afgeneem deur gebruik te maak van die jongste en mees gevorderde fotografietegnieke. Die resultaat is anderwêreldse uitbeeldings van insekte wat nuwe lewe gee aan die entomoloog se eksemplaar – en die kyker in staat stel om self ’n oomblik van verwondering en ontdekking te ervaar.

Die uitstalling bring ook werk uit Naudé se vorige projekte byeen, sedert sy eerste ontmoeting met africanis-honde: Africanis (2007-2010), Animal Farm (2009-2011), Sightings of the Sacred: Cattle in Uganda, Madagascar and India (2012-2014), Bowers in Australia (2014), Pigeon Project (2016), Bovine Prophecy (2018-2019), Cattle of the Ages saam met pres. Cyril Ramaphosa (2019), en Malagasy Cockerels of Madagascar (2023). Besoekers aan die uitstalling kan die ontwikkeling van Naudé se belangstellings en styl volg, en sien hoe dit opbou tot die monumentale insekte van Still Life (2018-2026)

 

Lees meer

Klik hier vir meer inligting oor die 2026 Visuele Kuns-program