Toyota Stellenbosch Woordfeeskunsveiling en -uitstalling

Visuele kuns

Die vyfde jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees- aanlyn kunsveiling word weer aangebied in samewerking met Strauss & Co, wie se spesialiste kunswerke deur opkomende en gevestigde kunstenaars gekies het. Die veiling plaas artistieke uitnemendheid op die voorgrond, terwyl dit sigbaarheid en erkenning van kontemporêre praktyke beklemtoon. Die doel is om nuwe en ervare versamelaars aan te moedig om in kuns te belê, die mark uit te brei en toegang te verbeter tot vooraanstaande plaaslike kunstenaars se werk.

Kunsuitstalling
3 tot 11 OKT 10:00-18:00
Stadsaal
Gratis

Kunsveiling
Kom beleef die adrenalien, die hamer se val en die opwinding daarvan om ’n kunsveiling in lewende lywe by te woon. Wie weet? Dalk slaan die bod op jou toe?!
11 OKT 11:00
Stadsaal


Besoek www.straussart.co.za om die kunswerke te besigtig en as bieër te registreer, of maak ’n draai by die Stadsaal om die werke eerstehands te sien en te registreer.