Die Toyota Pendeldiens is ’n kroonjuweel van die Toyota Stellenbosch Woordfees met vriendelike personeel wat ’n betroubare en stiptelike diens lewer. Van die drywers is reeds sedert 2018 deel van die familie en ken Stellenbosch, én die fees, soos hul handpalms.
Parkeer en pendel
Maak gebruik van die Toyota Pendeldiens om vertonings te gaan kyk. Jy vermy die soektog na parkering in ’n ou dorp met smal strate én verseker stiptelikheid (onthou: laatkommery word nie by vertonings toegelaat nie).
Parkeer regoor Rhenish Girls’ High in Kochstraat (ingang uit Parkstraat) en pendel met ’n feesbussie tussen venues. Indien ’n bussie nie na afloop van ’n vertoning by die venue gereed staan nie, bel 072 752 3194.
Vind ’n uiteensetting van paarkeer- en pendelkoste hier onder. Kaartjies vir albei dienste is aanlyn te koop by Quicket en by die parkeerterrein in Kochstraat.