Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel
Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit in kortverhale van die bekroonde digters Jolyn Phillips en Lynthia Julius, wie se suster Sisca Julius ook die bundel gehaal het. “Elke jaar lees ek en my medekeurders, Valda Jansen en Marius Swart, die ongeveer vyftig verhale op die kortlys met groot […]