Silwerskermfees-kortfilms: Trilstraat

Filmfees
Multilingual
13VL
13 Minute
4 Oktober
14:30
8 Oktober
13:00
Gratis

Met: Cintaine Schutte, Ludwig Binge

Op pad na hul motor na ’n aand van opwindende lewensbesluite, word ’n egpaar onkant betrap en lei hul uiteenlopende reaksies tot nuwe ontnugterings oor mekaar. Hulle moet nie net hul weg huis toe vind deur die donker strate van Observatory nie, maar ook ’n manier terug na mekaar toe.

Vervaardiger: Aisha Williams
Produksiehuis: One More Cup of Coffee
Uitvoerende vervaardigers: Aisha Williams, Lindsey Appolis, Morné Strydom
Regisseur: Carla Smith
Draaiboekskrywer: Igna Botha
Skrywers: Igna Botha, Carla Smith
Redigeerder: Eva Du Preez
Kinematograaf: Pierre De Villiers

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.