Silwerskermfees-kortfilms: Twee persent

Filmfees
Multilingual
PG
20 Minute
6 Oktober
13:00
7 Oktober
13:00
Gratis

Met: Michelle le Roux, Albert Pretorius, Susanne Beyers

In die stil, fiktiewe buurt van Suville leef Charlotte Grunewald volgens ’n streng roetine in haar perfek georganiseerde huis met haar kat, Constantine, aan haar sy. Alles het ’n plek. Alles maak sin. Nie eers haar laktose-intoleransie is ’n probleem nie. Maar dan daag die nuwe melkman op: Ernest van den Burg – onskuldig, ordentlik, opreg en ernstig. Stadig begin hy Charlotte se roetine met onverklaarbare melkaflewerings ontwrig, ten spyte van haar beste pogings om hom te ignoreer. En Charlotte word gekonfronteer met haar grootste vrees: verandering. Want soms is al wat dit verg om alles op sy kop te keer, ’n opdringerige dog vriendelike vreemdeling, ’n paar bottels melk en ’n glipsie hier en daar.

Vervaardiger: Nicholas Leighton
Produksiehuis: SouthEaster Productions
Regisseurs: Michelle le Roux, Heinrich Laubscher
Draaiboekskrywer: Michelle le Roux
Redigeerder: Heinrich Laubscher
Kinematograaf: Michael Ellis


Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.