Met: Chanté Grainger, Kim Syster, Alvaune- Lee Lewis
Op die Kaapse Vlakte verrys drome uit die as op elke straathoek op die maat van die musiek wat deur elke straat pomp. Keisha lei ’n dubbellewe: Bedags is sy stil en eensaam onder haar ma se valkoog; snags is sy ’n DJ en opkomende ster in die polsende, ondergrondse Yaadt-toneel waar haar pa eens koning gekraai het. Maar wanneer sy die waarheid oor sy dood ontdek, hou die musiek op om ontvlugting te wees en word dit ’n afrekening. Die bas begin ou geheime skud, en Keisha en haar ma bots kop aan kop met ’n verlede wat hulle kan breek of bevry.
Vervaardiger: Sarah Blanchard
Produksiehuis: Maude and Mary Studios
Regisseurs: Kyle Morkel, Kirsten Jaftha
Draaiboekskrywers: Kyle Morkel, Kirsten Jaftha
Redigeerder: Thabani Makanza
Kinematograaf: Paul Guyeu
Klankbaan: Surreal Sessions
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.