Silwerskermfees-kortfilms: Die gees agter die spiere

Filmfees
Multilingual
PG
37 Minute
6 Oktober
16:30
7 Oktober
16:30
Gratis

Met: Dr Henning Gericke, Leon Schuster, Os du Randt, Cameron van der Burgh, Hennelie Gericke

Die gees agter die spiere kyk na die werk van dr. Henning Gericke – ’n baie invloedryke sportsielkundige vir, onder meer, die Springbokspan, maar onbekend by die algemene publiek. Hierdie intieme, inspirerende dokumentêr gaan verder as net die wedstryd. Dit werp lig op die persoonlike stories, teëspoed, uitdagings en oorwinnings van wêreldklas-sportlui en wys hulle as simbole van hoop.

Vervaardiger: Natie Ferreira
Produksiehuis: Pierre Malan en Natie Ferreira
Regisseur: Pierre Malan
Redigeerder: Wilmari van Biljon
Kinematograaf: Philip van Zyl

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.