Met: Terence Opperman, Nanette Opperman, Du Randt Opperman, Dezerè Opperman, Niekie Fourie
Bedags sweet Terence Opperman by ’n steenkoolmyn in Witbank. Snags gee hy as “The Highlander” sy teenstanders op die armdruktafel hel. Terence ken die soet smaak van oorwinning, maar ook die skerp byt van verlies. In armdruk vind hy ’n uitlaatklep. Op die tafel kan hy die enorme druk van sy skouers afgooi en dit deur sy opponent jaag. Maar as hy uiteindelik die wêreldkampioen in armdruk wil word, sal hy met sy aartsvyand, Niekie Fourie, moet afreken – en om dit reg te kry, sal hy alles en meer moet gee. Druk dit! gee ’n intieme blik op ’n subkultuur en die menslike drang om vas te klou – aan hoop, aan identiteit en aan mekaar.
Vervaardigers: Juandrè de Jager, Lara Lourens
Produksiehuis: The Third Law
Regisseurs: Juandrè de Jager, Lara Lourens
Skrywers: Juandrè de Jager, Lara Lourens
Redigeerder: Anlerie Cilliers
Kinematograaf: Philip van Zyl
Klankbaan: Wesley West
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, laat jaarliks die kollig op hulle handewerk val. Die filmfees wys met dank 6 kortfilms van opkomende filmmakers, 4 kortfilms van gevestigde filmmakers en 5 kortdokumentêre uit die 2026 kykNET Silwerskermfeesprogram. Vollediger inligting oor die kortfilms is beskikbaar by www.woordfees.co.za. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2026 kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai gepremière.