Toyota Pendeldiens

Die Toyota Pendeldiens is een van die Toyota Stellenbosch Woordfees se versteekte juwele en al jare lank ‘n gunsteling onder feesgangers. Van ons bestuurders is reeds sedert 2018 deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees en ken Stellenbosch – én die fees – soos hul eie broek­sak.

Dit is nie net die mees bekostigbare en stresvrye manier om tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees tussen venues te beweeg nie; dit help jou ook om jou vervoerkoste laag te hou sodat jy meer vertonings kan bywoon. Langs die pad is daar altyd tyd vir ‘n geselsie, aanbevelings oor wat om te gaan kyk en stories wat tussen feesgangers gedeel word.

Klim aan boord en ervaar waarom die Toyota Pendeldiens vir baie ‘n onmisbare deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees is.