In sy eerste soloklavieruitvoering by die Toyota Stellenbosch Woordfees speel Charl du Plessis musiek van Bach, Rachmaninoff, Beethoven en gunstelinge van Leonard Cohen, Duke Ellington en Richard Rodgers. Ook op die program is improvisasies waar lede van die gehoor enige musiek van hulle keuse kan voorstel waarop Charl dan spontaan sal improviseer. Charl is ’n Steinway-kunstenaar en klavierdosent aan die Universiteit van Pretoria, en die wenner van vier Sama-musiekpryse.