In dié nuwe produksie span die veelbekroonde Stellenbosse orrelis Winand Grundling kragte saam met Louna Stofberg, bekende orrelis en koorleier van Hermanus. Met Winand op orrel en Louna voor die klavier deel hulle pragtige duette vir klavier en orrel. Hoogtepunte sluit in ’n uittreksel uit die Dodedans (Danse macabre) van Camille Saint-Saëns, die Galop Infernal (Can-Can) van Jacques Offenbach, Edvard Grieg se Mars van die trolle, Ludwig van Beethoven se liedkomposisie Die hemele roem en Triumphant Praise van Jan Sanborn.