In die stilte van die Moederkerk verrysdie klanke van stem en snaar. Dit vorm ’n musikale pelgrimstog wat strek van Hildegard von Bingen se Middeleeuse mistiek tot Braam du Toit se hedendaagse klankpoësie. Hierdie musiek getuig van ons gemeenskappe se veerkragtigheid, byna soos fynbos wat deur vuur vernuwe word. Die musiek word ’n vuur van die gees – iets wat vernuwe en verenig, heil en heling bring, en alles deurdring met verbondenheid en verwantskap.