Padkos & Polyphony

Klassieke musiek
70 Minute
11 Oktober
15:30
R170-R240 | R200-R270 by die deur

The Scullery Quintet is bekend vir hul unieke, oorspronklike verwerkings van klassieke musiek, jazz en pop wat wemel van improvisasie en kontemporêre temas. Padkos & Polyphony is ’n klankreis wat die veelsydigheid van klassieke instrumente ten toon stel met nuwe weergawes van werke deur legendariese komponiste soos J.S. Bach, Ludwig van Beethoven en Astor Piazzolla, maar ook jazz- en kontemporêre komponiste wat wissel van Abdullah Ibrahim tot Britney Spears. ’n Prettige produksie wat musiekliefhebbers én die algemene publiek se tone sal laat omkrul van lekkerkry.

Met Hana Yim-Wahl (viool), Waldo Alexander (viool), Tiisetso Mashishi (altviool), Viwe Mkizwana (kontrabas), Peter Auret (tromme)