Tygerberg Kinderkoor: Souvenirs

Klassieke musiek
60 Minute
19 Oktober
16:00
R160-R240 | R190-R270 by die deur

Die Tygerberg Kinderkoor het sedert sy ontstaan in 1972 al baie paspoorte vol gereis na lande soos Brittanje, China, Amerika, Skandinawië, Italië, Spanje, Duitsland, Hongarye en vele meer. Die note mag dalk wegsterf ná elke optrede, maar die bande wat hulle deur die musiek gesmee het, staan vandag, 53 jaar later, nog vas. Ná elke reis is hul koffers propvol herinneringe, staaltjies, ervarings en soeweniers.

Tygerberg Kinderkoor onder leiding van Karina Erasmus met Madri Muller & Elizca Mulder (begeleiers), Karlé Briedenhann (voorlesing), Madri Muller (viool), Marlene Cerfonteyne (viool)