Middel van êrens

Filmfees
16 (G, T)
23 Minute
12 Oktober
14:00
13 Oktober
13:00
17 Oktober
15:00
Gratis

2024 | Suid-Afrika

Ná ’n familietragedie probeer Albert sy seun, Allie, op versoek van sy aanmatigende, tradisionele pa, Eugene, tot manlikheid lei. Albert en Allie onderneem ’n reeks jagtogte, maar in die proses begin Allie verhard tot iemand wat Albert nie meer herken nie. Dit lei daartoe dat hy die waardes bevraagteken wat hy sy hele lewe lank beoefen het.

Met Morné Visser, Brent Vermeulen, Ian Strauss, Karli Heine

Regisseur en skrywer Kobus du Plessis
Kinematograaf Nicholas James Faure
Redigeerder Chadlee Skrikker