Drie van die bestes

Toyota Musiekfees
Afrikaans, Engels
70 Minute
18 Oktober
16:00
R200-R260 | R230-R290 by die deur

Drie uiteenlopende stemme en persoonlikhede vervleg hul stemme meesterlik in ’n harmonieryke vertoning met tydlose gunstelinge en nuwe klanke. Die groep het meer as 25 jaar gelede ontstaan en al het die samestelling oor die jare verander, is die kombinasie van Roets en Niehaus se musikale ondervinding en Geldenhuys se jeugdige aanslag ’n wenresep. Hul sang is eg, hul energie aansteeklik… en hul liefde vir musiek straal uit elke lied.

Met Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys, Matthys Maree (klavier)