Maak jou reg vir positiewe musiek én lekker lag wanneer die sjarmante Baaienaar Early B gehore bekoor met sy rap en skerp sosiale kommentaar oor universele temas, ons gemeenskap en kultuur, en die alledaagse lewe. Salome se debuutalbum, Sirena, is verlede jaar uitgereik en in Mei vanjaar is al die vertonings van haar produksie This Is Me in die Grand Arena by GrandWest uitverkoop. Salome is deesdae ook aanbieder van die TV-program Afhaak. Aangebied in samewerking met WOW.