Luna Paige: Die reisigers

Toyota Musiekfees
Afrikaans, Engels
Geen o.13
75 Minute
19 Oktober
13:00
R250 | R290 by die deur

Luna Paige sing oor die Groot Reis en die immer ontwykende Eindbestemming en
verken ruimtes waar beweging, stilte van gees, selfliefde en aanvaarding harmonie
bring. In Die reisigers stel sy gehore bekend aan die musiek wat sy tydens haar
plaaslike en Europese reise, onder meer die Spaanse Camino, geskryf en by die huis
getoonset het. As anonieme voyeur het sy soms wel in gesprek getree en saam
gewonder oor die groot verskille, maar, belangriker, oor die groot ooreenkomste wat
alle reisigers op hierdie wonderbaarlike planeet bind.