Die Soweto String Quartet en ULTRACOUSTIC span kragte en kreatiwiteit saam in ’n lekkerluister instrumentale vertoning. Verskeie genres is op die speellys: Ierse dansmusiek, kwela, flamenco, bekende klassieke treffers, 90’s-techno en Afrikaanse volkswysies.
Belangrike inligting:
- Hekke maak 17:30 oop.
- Geen eie kos of drank word toegelaat nie.
- ’n Kroeg en kosstalletjies is beskikbaar.
- Onthou om warm klere saam te bring.
- Stoele en piekniekkomberse is welkom.