’n Ontroerende kabaret met liedjies uit musiekblyspele wat elkeen sy eie verhaal vertel. Elke lied word ’n monoloog wat die gawes van die merkwaardige kunstenaar ten toon stel en nooi die gehoor om hulle te verwonder aan die spel tussen lig, donker en die skakerings tussenin.