Verskeie hoërskoolleerders besoek die Toyota Stellenbosch Woordfees as WOW-gaste en word blootgestel aan ’n loopbaan in die uitvoerende kunste. Dit sluit in besoeke aan ’n kunsuitstalling, skrywersgesprek, paneelbespreking, toneelopvoering, musiekprogram en filmfees, asook die feesterrein. ’n Feestoerleier vergesel dié groepe. Hulle geniet ook ʼn ligte ete.