Spesiaal vir Seniors: WOW-Dag vir Gr. 11’S

WOW
360 Minute
18 Oktober
09:00
Gratis op uitnodiging

“Deel jou woorde, open jou wêrelde, word jou drome.” By hierdie inspirerende sessie kan leerders met bekende
rolmodelle en alumni van hul eie skole gesels oor hul pad na die US. Afrikaans- spesialiste van die WKOD deel praktiese wenke oor hoe om ’n NSS-vraestel suksesvol kaf te draf. Ná ’n gesprek oor tersiêre studie aan die US volg ’n onderhoud met bekende akteurs. Die dag sluit af met musiek en vermaak in die Jan Marais-natuurreservaat.