Planke toe! By dié slypskool word leerders gehelp om aan monoloë en prosa te werk en tekste vir die jaarlikse Proscenium-dramakompetisie te kies en voor te berei. Deelnemers sal ’n teaterproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees bywoon om te sien hoe hierdie vaardighede uitgevoer word. Onderwysers is ook
welkom by die slypskool.