GAT is ’n rou en kragtige dans-en- teaterproduksie. Op ’n bakkie vol gebede reis die groep deur emosies van swaarkry tot vreugde en gee gestalte aan hul gemeenskap se stories. Met beweging, teks, klank en elemente van die aarde bied hulle ’n ritueel van skepping en vernietiging, geboorte en dood – ’n eerlike huldeblyk aan die geheue en veerkrag van ’n stukkende, maar lewenskragtige gemeenskap.