Maak reg vir ’n dubbele dosis van Suid-Afrika se oudste kontemporêredansgeselskap,
die Jazzart Dance Theatre. Hul 2025-program is weer eens vol stories wat deur
kontemporêre dans uitgebeeld word – iets wat die afgelope vyf dekades al sorg vir die
grootste genot onder dansliefhebbers én wyd bewondering en respek afdwing.