Van taalpaal tot totem: Kom wissel toekomswoorde met ons

Gesprekke oor Afrikaans
50 Minute
15 Oktober
10:30

Netwerk24 Diskoerstent

Gratis

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vier 50 jong jare in 2025. Dié mylpaal plaas weer die klem op hierdie ikoniese beeldhouwerk wat voortdurend besin oor die verlede, hede en toekoms om in die behoeftes van ’n veranderende omgewing en gemeenskap te voldoen. Kulturele instellings moet immers ervarings skep wat kennis, interkulturele kommunikasie en begrip vir die ander aanmoedig. Kom debatteer saam oor die rol van die ATM in die veranderende en dikwels verdeelde Afrikaanse en Suid-Afrikaanse gemeenskappe. Almal se stem tel!