The Professionals

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
12 Oktober
13:00
R50 | R80 by die deur

Is daar in Suid-Afrika iets soos ’n professionele digter? Ingrid de Kok
(Unleaving), Kobus Moolman (Fall Risk) en Joan Hambidge (Asindeton) is van ons
voorste digters, en lees hier saam voor uit hulle jongste bundels. Dié drie digters was
almal al professors en het drie leeftye se lewenservaring en liefde vir en kennis van
die digkuns tussen hulle. Sit aan die voete van woordkunstenaars wat weet wat hulle
doen, wat ’n ding ráák kan sê, maar ook die dinge wat niemand kan verduidelik nie,
onder woorde bring.

Aangebied deur Protea Boekhuis,
Uhlanga Press, Fourthwall Books