Klara du Plessis (Act/Ek’t) is ’n digter wat tussen tale glip: die Afrikaans
van haar kinderdae en die Engels van haar volwasse lewe in Kanada.
Pieter Madibuseng Odendaal se huwelik met die Peruaanse digter Jorge Alejandro
Ccoyllurpuma het tot wedersydse vertalings in Spaans en Engels gelei, en
Pieter se Afrikaanse gedigte is ook nou in Engels vertaal en gebundel as a corpse is
also a garden. Die Vlaamse digter Frank Keizer lees voor uit sy werk, wat met
min moeite deur Afrikaanssprekendes verstaan kan word.