Prins: ’n Block party

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
11 Oktober
20:00
R50 | R80 by die deur (1 bier ingesluit)

Die bekroonde digter Ryan Pedro se tweede bundel is ’n ervaring waarin
toxic masculinity toutrek met intense vulnerability, waar porn stars, rap gods
en karakters uit video games ’n huis deel met Jean-Michel Basquiat en Yukio
Mishima. Hierdie energie kan nie in ’n droë boekgesprek contain word nie, daarom
nooi ons jou na ’n block party om dié publikasie te vier, ’n saamtrek vir like-
minded mense waar Ryan Pedro sy poems gaan lees en daar beats en bier sal wees
om die woorde tot hulle reg te laat kom. In die parkeerarea van die Erfurthuis.

Aangebied deur Kwela