In hierdie interaktiewe krimi-konferensie ondersoek ons die stand van sake op die
boekbedryf se misdaadtoneel. Baasspeurder Bibi Slippers haal haar beste Bennie
Griessel-truuks uit en ondervra die skrywers Irma Venter (Die drie weduwees),
Bettina Wyngaard (Knal), Erla Diedericks (Bonsaimeisies) en
P.P. Fourie (Die dood van Rachel April) oor die beste plekke om ’n lyk in jou boek weg te
steek en die lekkerste literêre moordwapens. Daar is leidrade in die lokaal versteek en
lesers kan saamspeel om ’n paar tipiese krimi-raaisels op te los.