In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – iets wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, hoor of praat. Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; ’n oorlog om oorlewing. In ’n wêreld waar trauma al hoe meer verwater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue – en die mense wat hulle omring – ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Hattingh is vereer met ’n Kanna-prys vir haar rol as Helen.